Afval-, rioolkrisis by sewe NWR-lodgesSeptember 16, 2025

Afval- en rioolprobleme by sewe van Namibia Wildlife Resort se lodges is glo só erg dat dit nie meer aan omgewingstandaarde voldoen nie, berig The Namibian. Die dagblad haal ‘n brief van NWR-voorsitter Haroldt /Urib aan waarin lodges by Gross Barmen, Popa-valle, Sesriem, Waterberg en /Ai-/Ais onder andere uitgelig word. /Urib het die bestuur van NWR beopdrag om onmiddellik die krisis op te los.