Oshakati-polisie ondersoek moord op babaSeptember 16, 2025

Die polisie op Oshakati ondersoek in saak van moord ná ‘n man na bewering Maandag ‘n baba “doelbewus” doodgery het. Die verdagte het glo by ‘n cuca-winkel gekuier, in ‘n rusie met vriende betrokke geraak, toe in sy motor geklim en mense by cuca-winkels begin rondjaag. Die baba se ma het probeer vlug. Hy was op haar rug vasgebind en het in die proses afgeval, waarna die verdagte na bewering oor hom gery het. Die baba is op die toneel dood.