Geen borg vir pa wat glo twee kindertjies vermoorSeptember 16, 2025
Die man wat van die moorde op sy twee klein kindertjies Sondag beskuldig word, het vanoggend sy eerste verskyning in die landdroshof op Ondangwa gemaak. Thomas Sheya, 33, is borg geweier. Die slagoffers was ‘n seuntjie van twee jaar en ‘n dogtertjie van vier. Die saak is vir verdere ondersoek tot 23 Maart volgende jaar uitgestel.