Krieket: Zimbabwe verslaan Namibië wéérSeptember 17, 2025
Zimbabwe het Namibië Dinsdag met vyf paaltjies in hul T20-reeks in die buurland geklop. Namibië het 169 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken, terwyl Zimbabwe 170 lopies vir die verlies van vyf paaltjies behaal het. Zimbabwe het nou twee van die drie wedstryde in die reeks gewen. Die twee spanne kom weer môre teen mekaar te staan.