Chinese voertuie ál gewilder in NamibiëSeptember 17, 2025
Chinese motorvervaardigers wen toenemend veld in Namibië, toon die jongste voertuigverkoopsyfers. Verlede maand het Chinese handelsmerke ‘n markaandeel van 11 persent gehad, meer as dubbel die 4,8 persent van ‘n jaar gelede, sê Simonis Storm. Haval bly die gewildste Chinese handelsmerk onder verbruikers, sê die ontleders. Nuwelinge soos Omoda, Jetour en Jaecoo laat geld hulle egter toemenend in die mark, sê SS.