Sokker: Fifa bestee gróót vir WêreldbekertoernooiSeptember 17, 2025
Die wêreldbeheerliggaam Fifa het aangekondig dat 6,1 miljard rand aan klubs versprei gaan word vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika – ‘n verhoging van bykans 70 persent teenoor die vorige toernooi in Katar in 2022. Dit is deel van Fifa se uitgebreide klubvoordeleprogram, waar klubs vergoed word wanneer spelers vrygestel word om aan kwalifiseerders en die eindtoernooi deel te neem. Fifa se president, Gianni Infantino, sê die projek gee finansiële erkenning vir die bydrae wat klubs en spelers maak deur die kwalifiseerders en die toernooi self aan te bied.