Krieket: Eagles vandag in derde T20 teen ZimbabweSeptember 18, 2025

Namibië se nasionale krieketspan kry vanmiddag vir oulaas die kans om hul staal teen Zimbabwe te wys in hul derde T20-wedstryd teen die buurland. Zimbabwe het reeds die eerste twee wedstryde in die reeks van drie gewen. Hulle het Namibië Maandag met 33 lopies geklop en Dinsdag met vyf paaltjies. Die laaste wedstryd begin vandag om halftwee in Bulawayo.