Andrada lewer tonne tinSeptember 18, 2025

Die produksie van tinkonsentraat by Andrada Mining se myn op Uis het in die eerste helfte van hul huidige boekjaar met 14 persent gestyg, vergeleke die ooreenstemmende tydperk in 2024. Altesaam 858 ton tinkonsentraat is gelewer. Volgens die uitvoerende hoof van Andrada, Anthony Viljoen, versterk die jongste resultate die maatskappy se rol in die wêreldmark vir tin. Andrada het verlede maand ‘n tweede verwerkingsaanleg op Uis voltooi.