Kirk-moord: Obama maan teen ‘ongekende politieke krisis’September 18, 2025
Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarsku in die nasleep van die moord op Charlie Kirk teen ‘n “politieke krisis van die soort wat die land nog nie vantevore gesien het nie”. Tydens ‘n geleentheid in Erie, Pennsylvanië, het Obama gesê dat hy Kirk nie geken het nie en nie met baie van sy sienings saamgestem het nie, maar die moord was gruwelik en ‘n tragedie. Hy het beklemtoon ‘n hoeksteen van demokrasie is dat mense van mekaar kan verskil, sonder om tot geweld oor te gaan.
Hy sê as die gewig van die regering agter ekstremistiese sienswyses ingegooi word, het die land ‘n probleem.