Wayde van Niekerk vandag in aksie in TokioSeptember 18, 2025

Atletiek: Die wêreldrekordhouer in die 400-meter, Wayde van Niekerk, en sy Suid-Afrikaanse landgenoot Sinesipho Dambile neem vanmiddag deel aan die halfeindronde van die 200-meter op die wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Van Niekerk, wat tydens verlede jaar se Olimpiese Spele in Parys na die korter wedloop oorgeskakel het, het tweede gekom in sy uitdun terwyl Dambile derde was in syne. Hulle sal strawwe teenstand kry van naellopers soos Bryan Levell van Jamaika, Tapiwanahe Makarawu van Zimbabwe en die Amerikaner Courtney Lindsey, wat die vinnigste kwalifiserende tye behaal het.