Oud-woordvoerder van NamWater pleeg glo selfmoordSeptember 18, 2025

Die 69-jarige Tommi-Riva Numbala, wat 27 jaar lank NamWater se woordvoerder was tot sy aftrede, het na bewering selfmoord gepleeg op die plaas Satamab in die Usakos-omgewing. Die polisie sê sy liggaam is Woensdag-oggend in ‘n oop area voor sy huis deur ‘n werknemer aangetref. Volgens die werknemer het Numbala die plaas Sondagaand verlaat om sy vrou in ‘n hospitaal in Windhoek te besoek, Hy het Dinsdagaand omstreeks 7-uur teruggekeer en die werknemer het die hek vir hom oopgemaak, en huis toe gegaan terwyl Numbala sy voertuig parkeer het. Numbala se liggaam is na die Usakos Staatshospitaal se lykshuis geneem.