Trigon kry groenlig om Kombat-myn te verkoopSeptember 19, 2025

Die Namibiese Mededingingheidskommissie het die verkoop van Trigon Metals se belang van 80% in die Kombat-myn aan Horizon Corporation goedgekeur. Knowledge Katti, een van die beleggers in die myn, sê die transaksie baan die weg vir die heropening van Kombat. Bedrywighede by die myn is in Januarie weens waterpompprobleme gestaak.