Mosiehof: Handelsbanke eis 16 eiendommeSeptember 19, 2025

Regters Nate Ndauendapo en Shafimana Ueitele het vanoggend se mosiehofsessies hanteer waar 39 aansoeke vir verstekvonnisse gebring is met ses op die reël 108-rol. Handelsbanke het 37 van die aansoeke gebring en eis 16 eiendomme op met uitstaande skuld van 26,5 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 21 lenings met ‘n skuldlas van 7,1 miljoen dollar wat nou betaalbaar is, en een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Ndauendapo ook 52 onverdedigde egskeidings.