Raar skildery van Picasso na veiling in ParysSeptember 20, 2025

‘n Olieskildery van Pablo Picasso wat meer as 80 jaar laas in die openbaar gesien is, gaan volgende maand in Parys opgeveil word. Die skildery, “Bust of a Woman in a Flowery Hat,” beeld die Franse fotograaf en skilder Dora Maar uit. Sy was nie net een van Picasso se minnaars nie, maar ook van sy muses. Die skildery sal na verwagting ministens 9,45 miljoen Amerikaanse dollar behaal.