Man vas na hy hout sonder permit vervoerSeptember 22, 2025
‘n Namibiese man is vroeg Saterdagoggend by die Kaguni-nedersetting in Kavango-Wes in hegtenis geneem ná hy na bewering 57 houtplanke onwettig vervoer het. Volgens die polisie het hy nie ‘n geldige oes- of vervoerpermit gehad nie. Die waarde van die hout word op 11 400 Namibiese dollar beraam.