Amper 2 000 vroue sterf weens swangerskap komplikasiesSeptember 22, 2025
‘n Totaal van 1 912 vroue in Namibië is in 2022 weens swangerskapverwante komplikasies oorlede. The Namibian berig vanoggend dat die sterftes verantwoordelik is vir 5,6 persent van alle vroulike sterftes in die ouderdomgroep 15 tot 49. Van die totaal is 4,8 persent in stedelike gebiede dood en 6,3 persent in landelike gebiede. Die Kavango Wes-streek het 3 persent aangeteken, gevolg deur Omaheke met 2,9 persent en Otjozondjupa met 2,8 persent.