Polisie ondersoek Otavi veediefstalsaakSeptember 22, 2025
Die polisie ondersoek ‘n saak van veediefstal in die Otavi-distrik ná drie beeste Vrydag onwettig in die veld op ‘n plaas geslag is. Die diere se hoewe, velle en koppe is in die veld gevind. Die totale waarde van die beeste beloop 45 000 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.