Gru-verkragter van minderjariges 57 jaar tronk toeSeptember 22, 2025

Gavin Gawanab, wat skuldig bevind is aan ‘n reeks verkragtings, poging tot verkragtings en aanrandings op minderjarige meisies, waaronder die oopsny van ‘n negejarige meisie se privaatdele, is tot 57 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis in die Windhoek Hoërhof. Regter Dinnah Usiku het in haar uitspraak gesê die 31-jarige Gawanab se misdade was so gruwelik dat hy vir ‘n lang tyd uit die samelewing verwyder moet word. Usiku het hom in Julie skuldig bevind op 14 van 23 klagte. Sy misdade het in Desember 2012 begin tot hy in November 2018 in hegtenis geneem is.