NBC-staking: Hof verklaar verslag nietig na skikkingSeptember 23, 2025
Die parlementêre staande komitee vir menslike hulpbronne en gemeenskapsontwikkeling se verslag oor die verwoestende staking by die NBC in 2021 is nietig. Dit kom na ‘n Hoërhof-bevel dat die verslag in sy geheel, wat op 18 Februarie ter tafel gelê is, asook die komitee se bevindings en aanbevelings, ter syde gestel word. Dit volg op ‘n aansoek in dié verband deur die NBC se direkteur-generaal, Stanley Similo. Die verslag het bevind dat die hoofoorsaak van die staking deur 600 personeellede was dat 5,4 miljoen Namibiese dollar in bonusse aan die uitvoerende bestuur en uitgesoekte senior bestuurders betaal is. Daar is ook onder andere bevind dat die NBC die Arbeidswet oortree het, en dat die uitsaaier en die inligtingministerie teësinnig was om die staking vriendskaplik op te los. Die partye het vroeër buite die hof ‘n skikking bereik en sal hul eie regskoste dra, wat ‘n bevel van die hof gemaak is.