Sterk brande in Etosha, ook op 3 plase teenaan parkSeptember 23, 2025
Sterk brande woed tans in die weste van die Etosha Nasionale Park en op drie plase aangrensend aan die park. Volgens berigte het 81-duisend hektaar veld in twee uur afgebrand. Die brande word suid gedruk deur ‘n sterk noordewind, en daar is geen brandpaaie in Etosha wat dit kan stuit nie. Die geraakte plase is Helaas, Renosterkom en Vlakwater, en ‘n huis op Helaas het ook afgebrand.