Mnyupe draai sy rug op groenwaterstofSeptember 24, 2025
Die Groenwaterstof-kommmissaris James Mnyupe het bedank en volgens berigte handel dit oor ‘n gebrek aan politieke ondersteuning. Mnyupe wou nie aan Kosmos 94.1 kommentaar lewer nie en sê die program sal deur monde van sy woordvoerder Jona Musheko binnekort ‘n verklaring uitreik. Daar is kommer oor die program wat nie in die huidige administrasie se visier is nie veral omdat dit die belofte van duisende werksgeleenthede ingehou het. Mnyupe is in 2021 deur oudpresident Hage Geingob as ekonomiese adviseur aangestel.