Shafudah beloof optrede teen groot maatskappye ook September 24, 2025
Finansminister Ericah Shafudah belowe strenger optrede teen groot maatskappye wat nie aan Namibië se belastingwette voldoen nie, na aanleiding van openbare kommer dat klein en mediumgrootte ondernemings onevenredige druk NamRA ervaar. Sy sê sy is wel bewus van kommentaar deur die publiek dat groter maatskappye nie dieselfde druk as SME’s vanaf NamRA ervaar nie en dus het sy opdrag aan die agentskap gegee om nakomingspogings beter te balanseer en ondersoeke na groot maatskappye te verskerp.