Shifeta sê huishoudelike skuld word deur dobbelary aangedryfSeptember 25, 2025
Swapo-LP Pohamba Shifeta sê dobbelary is die hoofrede vir die skuldkrisis waarin Namibiërs hulle bevind. Hy het die kommentaar gemaak tydens ‘n debat in die Nasionale Vergadering oor verbruikerbeskerming teen mikroleners. Shifeta sê mense leen geld om te dobbel en doen dit meestens by ongeregistreerde mikroleners wat dan die verbruiker uitbuit. Daar is ook vroeër berig dat veral jong Namibiese mans ‘n voorliefde het vir aanlyndobbel. Skuldvlakke in die land is hoog en in Julie vanjaar het huishoudelike skuld tot amper 69 miljard Namibiese dollar gestyg.