Amta waarsku, landbouverwerking krities nodigSeptember 25, 2025
Amta waarsku dat Namibië meer voedsel produseer, maar nie die landbouverwerkingskapasiteit het wat nodig is om dit te bewaar en te bemark nie. Die tekort aan fasiliteite lei tot vermorsing, beperk boere se verdienste en vertraag pogings om voedselsekerheid en industrialisering te bereik. Die koppeling van primêre produksie met landbouverwerking en waardetoevoeging is van kardinale belang in terme van werkverskaffing, in terme van armoedeverligting. Dit sal selfs die kwessie van migrasie van landelik na stedelik aanspreek. Die lynminister Inge Zaamwani het bevestig dat landbouverwerking sentraal staan tot die regering se strategie.