Toilette: 77,5% van Zambezi se inwoners het geen toegang nieSeptember 26, 2025

Sanitasie uitdagings duur voort in Namibië en volgens die jongste berigte het 77,5 persent, of driekwart van Zambezi se inwoners, amper 29 000 mense geen toegang tot toilette nie en moet die bos gebruik. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het meer as 6 600 stedelike inwoners in die streek geen toilette van enige aard nie terwyl net meer as 7 000 stedelike inwoners nie spoeltoilette nie. Die Engelse dagblad The Namibian sê 40 persent van huishoudings landswyd het geen toilettoegang nie.