Banke eis N$30m se skuld in mosiehofSeptember 26, 2025
Regters Nate Ndauendapo en Lotta Ambunda het vanoggend 78 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof hanteer waarvan nege op die reël-108 rol was. Banke het 43 van die aansoeke gebring met 18 eiendomme, met skuld van 22 miljoen Namibiese dollar, op opgeëis is sowel as 25 lenings met ‘n skuldlas van 8 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer Ndauendapo 63 onverdedigde egskeidings.