Boere met brandspanne mag Etosha-brande gaan bevegSeptember 26, 2025
Die omgewingministerie het boere met brandspanne toestemming gegee om die Etosha Nasionale Park binne te gaan om te help om die veldbrande te bestry. Slegs voertuie met brandslaners sal toegelaat word om in te gaan. Du Plooy Engelbrecht van Veldbrande in Namibië vra dat slegs boere in die omligende gebiede van Kamanjab, Outjo en Otjiwarongo, en dalk ook Tsumeb, eerste gaan help. Hy vra dat boere voordat hulle die park binnegaan vir Jonas Hausiku, wat die brandspanne koõrdineer, kontak op 081 223 2465. Hy sal verdere aanwysings gee.