Eagles draf Kenia met 136 lopies kafSeptember 26, 2025
Namibië se FNB Eagles het Kenia met 136 lopies gewen in hul eerste groepwedstryd by die IKR T20 Wêreldbeker Afrika kwalifiserende toernooi in Harare, Zimbabwe. Die Eagles het eerste gekolf en ‘n telling van 241 vir 5 opgestapel. Kenia kon net 105 vir 7 haal. Die speler van die wedstryd was JJ Smit, wat ‘n allemintige 111 lopies van net 39 balle gemoker het, en net 5 lopies in twee boulbeurte afgestaan het. Die Eagles se volgende wedstryd is Sondagoggend om half-tien teen Nigerië.