Swaar neerslae, sopnat SuideSeptember 27, 2025

Swaar neerslae het Vrydagmiddag in die Suide voorgekom, met tot 60 mm wat op plase in die Maltahöhe-omgewing gemeet is. Haelstorms het in die Stampriet-area voorgekom. Van die riviere in die Suide het ook begin vloei. Die reënweer sal verwagting vandag voortduur, met ‘n 60-persent-kans op buie in die Verre Suide.