Etosha brand vir sesde dagSeptember 27, 2025

Boere en ander vrywilligers wat sedert Vrydag toegelaat word om die omgewingsministerie en weermag by te staan om die verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park te bestry, het gehelp om dit plek-plek onder beheer te bring. Volgens die ministerie woed die egter steeds tussen Olifantbad en die kraglyn na Halali. Sterk wind en die veld wat baie droog is, bly groot uitdagings, sê die ministerie. Dit brand steeds sedert Maandag in Etosha en meer as 300 000 hektaar is reeds verwoes.