Outapi gereed vir tussenverkiesingSeptember 28, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië sê alles is gereed vir môre se tussenverkiesing in die Outapi-kiesafdeling tussen die Independent Patriots for Change se Fillemon Shikwambi en Swapo se Selma Asino. Die vakante raadstoel volg ná Immanuel Shikongo se bedanking in Julie toe hy as goewerneur van die Omusati-streek aangestel is. Kiesers kan by 40 vaste stempunte hul kruisie trek, of van een van vier mobiele punte gebruik maak. Vaste stempunte open om sewe-uur môreoggend en sluit om nege môreaand.