Man brand dood na hy kinders wou red September 29, 2025

‘n Man is Saterdagaand in die sogenaamde Herero-lokasie op Outjo dood ná hy kinders uit ‘n brandende huis wou red. Die brand het vermoedelik ontstaan toe ‘n selfoonlaaier ontplof het. Wenfrey Useb, 31, is aan brandwonde en rook-inaseming dood. Nog ‘n persoon word vir brandwonde in die hospitaal behandel en is in ‘n stabiele toestand.