Nuwe brande in Etosha aangemeld, pogings duur voortSeptember 29, 2025

Die omgewingsministerie sê in ‘n verklaring dat nuwe brande by Halali, Eindpaal en die Okondeka-Mbari-Ekuma-korridor binne Etosha se sentrale streek aangemeld is. Buite die park brand dit by die Onkaanka- en Amarika-nedersettings met die brand wat na Elamba vorder. Hierdie ontwikkelings volg op vorige vure in die westelike en suidelike dele van die park, waarvan sommige nou suksesvol onder beheer is, veral in Dolomite, waar die brand nie meer aktief is nie. Tot op hede het die ministerie 150 personeellede saam met 311 lede van die weermag ontplooi. Die reaksie word ondersteun deur twee helikopters vir lugwaarneming en waterbombardement, ses brandweerwaens, twee voertuie met watertenks, en ‘n watervragmotor. Ten spyte van hierdie pogings bly die situasie uitdagend as gevolg van sterk winde, droë plantegroei en beperkte brandbestrydingstoerusting.