Namibiërs leen wild by mikrolenersSeptember 29, 2025
Die jongste Namfisa-jaarverslag toon dat invididuele Namibiërs amper 28 000 Namibiese dollar maandeliks by mikro-leners leen. Volgens die verslag is dit van toepassing op termynleners terwyl betaaldagleners net minder as 4 000 dollar maandeliks leen. Laasgenoemde maak 82 persent van die leningsboek uit. Lenings het met amper 45 persent in 2024 gegroei tot 5,2 miljard dollar met die totale nuwe lenings wat geklim het tot net meer as 700 000.