Akkerbouraad presteer goedSeptember 29, 2025
Namibië het akkerbouprodukte ter waarde van 1,9 miljard Namibiese dollar in die 2023/24 finansiële jaar uitgevoer, teenoor 1,7 miljard dollar die vorige jaar. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerouraad sê die groei is gedryf deur sterk inspeksiedienste, voldoening aan voedselveiligheidstandaarde en verbeterde marktoegang. Verder het inkomste vir die jaar wat in Maart 2024 geëindig het, 230 miljoen dollar beloop het, terwyl verstandige uitgawebestuur ‘n surplus van 107 miljoen dollar opgelewer het. Hy sê meer as 93 miljoen kartonne tafeldruiwe geïnspekteer en vir uitvoer goedgekeur is, wat verseker het dat Namibiese produkte sonder beperkings aan internasionale standaarde voldoen.