Nasionale Kommissie vir Unesco vergaderSeptember 29, 2025

Die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco het vandag sy jaarvergadering in Windhoek gehou. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie sê die byeenkoms bied ‘n kans om oor vorige prestasies te besin en die pad vorentoe uit te stippel.

Die kommissie, wat in 1992 gestig is, is ‘n direktoraat binne die ministerie wat verantwoordelik is vir die koördinering en bevordering van Namibië se samewerking met Unesco en die verteenwoordiging van Namibiese belange in die organisasie se velde van onderwys, wetenskap en kultuur.