Omstrede skeidsregter Piardi Saterdag aan diensOctober 1, 2025
Die Italiaanse skeidsregter Andrea Piardi, wat daarvan beskuldig word dat hy Australië onlangs twee keer ernstig benadeel het, is in beheer van Saterdag se Rugbykampioenskapstoets tussen Suid-Afrika en Argentinië in Londen. Hy het in die doodsnikke van die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus ‘n omstrede drie aan die Leeus toegeken het wat hulle die reeks laat wen het. Hy het ook verlede week teen die All Blacks geblaas, waarna baie Wallabie-ondersteuners, internasionale kenners en selfs spelers onreëlmatighede in sy beslissings uitgewys het.