Simonis Storm voorspel nog een repokoers verlagingOctober 1, 2025
Simonis Storm sê die Bank van Namibië sal die rentekoers weer in die vierde kwartaal vanjaar verlaag met 25 basispunte tot 6,50 persent. Die firma sê in ‘n ontleding dit sal die laagtepunt van die siklus aandui, en hy verwag dat die repokoers vir die hele 2026 op hierdie vlak sal bly. Dit is nie ‘n “pouse” met ruimte vir veranderinge nie, maar ‘n terminale instelling wat ontwerp is om beide binnelandse krediettoestande en die geloofwaardigheid van die koppeling aan die rand te anker. Hy sê die makro-omgewing ondersteun so ‘n skuif.