Sumud-flotrielje word deur vaartuie genaderOctober 1, 2025
Die internasionale flottielje wat probeer om hulp aan Gaza te lewer, sê ongeïdentifiseerde vaartuie het vroeg vanoggend sommige van sy bote genader soos hulle nader gekom het aan ‘n sone waar Israel ‘n vlootblokkade op die oorloggeteisterde strook geplaas het. Die Global Sumud-flotielje bestaan uit meer as 40 burgerlike bote wat ongeveer 500 mense vervoer, waaronder parlementslede, prokureurs en aktiviste, insluitend die Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg. Dit is daarop gemik om Israel se blokkade van die Palestynse enklawe te verbreek. Hulle sê hulle gaan voort om na Gaza te seil.