Unam Wolves tans voor in Khomas Basketbalvereniging se Premierliga finale uitspeelreeksOctober 1, 2025
Unam Wolves het sterk begin in die Khomas Basketbalvereniging se Premierliga finale uitspeelwedstryde en loop tans 2-0 voor teen Quality Basketball in die beste-van-sewe-reeks. Wolves het hul eerste wedstryd in die Unam Gimsaal met 102-94 gewen, en die tweede wedstryd met net drie punte gewen vir ‘n telling van 86-83. Die twee spanne meet vanaand om kwart oor agt weer kragte in die Unam Gimsaal. In die eerste divisie is Nust Gladiators en Unam Penguins tans 1-1 gelyk in hul beste-van-sewe-reeks, en speel weer Vrydag teen mekaar.