Rondom 20 000 Namibiese kinders word aanlyn misbruik – elke jaarOctober 2, 2025

Media berig vanoggend dat ongeveer 20 000 kinders in die land, tussen die ouderdomme van 12 en 17 jaarliks blootgestel word aan seksuele uitbuiting aanlyn. Volgens die internasionale Disrupting Harm-projek is 81 persent van Namibiese kinders internetgebruikers met 56 persent wat daagliks aanlyn is waarvan 84 persent in stedelike gebiede woon. Internetgebruik is 82 persent vir skoolwerk, 79 persent vir sosiale media en 78 persent vir WhatsApps. In die afgelope paar maande is 14 059 gevalle van mishandeling aangemeld.