‘EU belê zero in renosterbewaring maar skryf vir ons voor’October 2, 2025
Alex, seun van die legendariese Jan Oelofse en bewaringskenner het fel kritiek teenoor die EU uitgespreek na die blok Namibië se voorstel om renosterhoringhandel onder die CITES te reguleer, blokkeer het. Hy sê agter die taal lê ‘n verwoestende waarheid: Dit sal onwettige handel bevorder, die winste van kriminele sindikate beskerm en Afrika se renosters nader aan uitsterwing bring. Hy beskryf dit as skynheiligheid. Hy sê verder Namibië en Suid-Afrika beskerm, teen reuse koste, 80 persent van die wêreld se renosterbevolking met private grondeienaars wat miljoene in heinings en sekuriteit belê terwyl die EU duisende kilometers weg is en niks bydra tot die beskerming van die voorste linies nie, maar die mag het om te besluit hoe Afrikane hul wildlewe mag beskerm.