Etosha: Minister staan bankvas by ‘amptelike weergawe’October 2, 2025

Die omgewingsminister Indileni Daniel het vanoggend die media toegespreek oor die verwoestende Etosha-brand. Sy hou voet by stuk oor die dierevrektes: nege bokke, een olifant en ‘n ietermagô al is 38 persent van die park afgebrand. Sy sê ook steeds Koos Reyneke se foto van die verbrande olifant, wat hy by Olifantsrus geneem het, is nie geverifieer nie.

Intussen het Daniel bevestig dat brande buite die noordgrens van Etosha geblus. ‘n Nuwe brand is egter Woensdagaand in die Otongo-gebied, tussen Okahao en Ruacana, opgespoor. Die skade word in die park word steeds bepaal. 

Die brandplan vir die land se bewaringsgebiede is reeds in 2016 saamgestel.