Bachmus Kusmarathon verdubbel in grootteOctober 2, 2025

Die Bachmus Kusmarathon vind Saterdag tussen Swakopmund en Walvisbaai plaas, met inskrywings wat meer as verdubbel het sedert verlede jaar. Die marathon begin om 6-uur Saterdagoggend by die Vineta sportgronde in Swakopmund en eindig by die Walvisbaai Privaatskool. Die halfmarathon begin kwart-voor-sewe by Langstrand en eindig ook by die Walvisbaai Privaatskool, terwyl die 10km resies om half-sewe en die 5km pretloop om 8-uur by die skool begin. Die Walvisfees vind ook by die skool plaas. Deelname het gestyg van net minder as 800 hardlopers verlede jaar tot sowat 1 700 vanjaar, met 60 internasionale atlete van regoor Suidelike Afrika wat deelneem. Die B2-pad tussen die twee dorpe sal gedeeltelik gesluit wees, met stop-en-ry kontrole in plek.