Amerikaners deel intelligensie met OekraïneOctober 3, 2025

Amerika sal intelligensie aan Oekraïne verskaf oor langafstand energie-infrastruktuurteikens in Rusland, het twee amptenare aan Reuters gesê. Die VSA vra ook dat Navo-bondgenote soortgelyke steun verleen, het die amptenare gesê. Die nuwe gegewens sal dit makliker maak vir Oekraïne om infrastruktuur soos raffinaderye, pypleidings en kragsentrales te tref, met die doel om die Kremlin van inkomste en olie te ontneem. Dit kom terwyl Amerika ‘n Oekraïnse versoek om Tomahawk kruisermissiele oorweeg, wat met hul trefafstand van 2 500km Moskou en die grootste deel van Europese Rusland maklik uit Oekraïne kan bereik.