Kommer oor mynwese in bewareasOctober 3, 2025

Grootskaalse skietwerk by die Goatagab-myn is in die nuus. Die myn is in die Sorris Sorris bewarea naby Khorixas. Die eksplorasie word gelei deur Timoteus Mashuna, wat na bewering 50 miljoen Namibiese dollar ingepalm het as gevolg van ‘n transaksie naby Uis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Don Andrews, die natuurlike hulpbronne bestuurder by die Doro !Nawas bewarea, wat sy kommer uitspreek oor die verwikkeling. Andrews het meer.

Intussen waarsku die Daure Daman-hoof Zacharias Seibeb Tristan Cowley van Ultimate Safaris dat hy hom uit die Doro !Nawas bewarea sal skop as hy aanhou om mynaktiwiteit teen te staan.