Honderde kinders sterf weens tekort aan seep, wasgerieweOctober 3, 2025
Unicef sê 55 persent van huishoudings in Namibië het nie toegang tot seep en handwasgeriewe nie en dit is die oorsaak van die voorkoms van diarree in die land. Die VN se kinderfonds sê jaarliks kom 184 000 gevalle voor met gemiddeld 719 kinders onder die ouderdom van vyf jaar, wat sterf. Die organisasie sê dit het ‘n impak op openbare gesondheid en dat jaarliks verloor die land rondom 3,8 miljard dollar weens onvoldoende water-, sanitasie-, en higiëne-infrastruktuur. Leemtes in skool-infrastruktuur wek ook kommer met 224 skole wat nie toegang tot sanitasie geriewe het nie en 101 wat sonder drinkwater is.