N$27,7m in mosiehof opgeëisOctober 3, 2025
Regters Gerhard Tötemeyer en Nate Ndauendapo het vanoggend 64 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof hanteer. Sewe was op die reël 108-rol. Banke het 30 van die aansoeke gebring en eis 12 eiendomme ter waarde van 24,4 miljoen Namibiese dollar op. Daar is ook 17 lenings met ‘n skuldlas van 3,3 miljoen dollar wat nou betaalbaar is en een voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer Tötemeyer 43 egskeidings.