Rugby: Kolisi verwag taai stryd teen PumasOctober 4, 2025
Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, verwag dat Argentinië vandag op Twickenham hard gaan terugveg ondanks verlede week se vernederende pakslae van 67-30. Die Springbokke hoop op ‘n tweede agtereenvolgende Rugbykampioenskapkroon. Die agtereenvolgende Wêreldbekerkampioene is met ’n enkele punt voor op die punteleer met die sesde en finale ronde van die suidelike-halfrond kampioenskap. Die Bokke begin die wedstryd, wat amptelik ‘n tuiswedstryd vir Argentinië is, as gunstelinge ná hul dominante vertoning verlede week in Durban. Die afskop is vanmiddag drie-uur, Namibiese tyd.