Nanso veroordeel leerders se straf in Kavango-WesOctober 4, 2025

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n voorval by die Katjinakatji Senior Sekondêre Skool in Kavango-Wes skerp veroordeel waar ‘n onderwyser na bewering tien graad 8-meisies vir bykans ‘n halfuur in die son laat rondkruip het as straf omdat hulle glo geraas het. Die regering se nuusagentskap, Nampa, het videomateriaal op X geplaas wat toon hoe die leerder hul knieë stukkend gekruip het. Nanso sê hulle sal nie rus alvorens die betrokke onderwyser geskors is nie.